R 136.62
Verneukkind en ander verhale is ’n bundel kortverhale gerig op senior leerders van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal. Die bundel bevat verhale wat lesers in die eerste plek as stories...

3-4 DAYS
SHIPPING

100% MONEY
BACK GUARANTEE

ONLINE
SUPPORT 24/7

Verneukkind en ander verhale is ’n bundel kortverhale gerig op senior leerders van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal. Die bundel bevat verhale wat lesers in die eerste plek as stories kan geniet. Maar ’n belewing – en studie – van die wereld van die kortverhaal kan lesers ook in staat stel om kreatief hulle eie werelde te verken. Die keuse van kortverhale in Verneukkind en ander verhale gee ’n goeie beeld van die verskeidenheid wat kortkuns kan aanneem: Spanningsverhale met karakters in vreemde en selfs bedreigende omstandighede.; Die essayistiese uitbeelding van interessante karakters en hulle intense ervarings.; Lewendige en vermaaklike humor en satire.; Liefdesverhale met temas wat strek van jongmens-verliefdheid tot verbode liefde.; Historiese verhale en herinneringsketse met ’n basis in werklike gebeure in die verlede; en misterieverhale, legendes en mites oor die vreemde en onverklaarbare wat tog ook deel van ons innerlike wesens is. Verneukkind en ander verhale sluit die volgende kortverhale in: Verneukkind (Fanie Viljoen).; Framboos (Francois Bloemhof).; ’n Bed vir Johnny (Jeanetta Basson).; Die winterweer (Emile Joubert).; Koning van die townships (Rudi Daniels).; Frikkie in my kind (Anastasia de Vries).; Die geskenk (Elsa Joubert).; Optelgoed (Christien Neser).; Johanna Magdalena Matthee (Annami Simon).; SOS (Karel Willemse).; Van Duiwel Pontius na Dominee Pilatus (Jan Spies).; Gesondheid, Souf! (Riana Scheepers).; Die invloed (Pirow Bekker).; Lywe (Jaco Fouche).; Drie susters (Corlia Fourie).; Padkamp (JM Gilfillan).; Belinda en die blou ster (Harry Kalmer).; Bodyguards (Anzil Kulsen).; Die after-party (Jan van Tonder).; Die kind (Wilna van Heerden).; Dubbelvisie (Clinton V du Plessis).; Die paradysbossie (Marietjie Kotze).; Riviermin (Elsabe Steenberg).; Die Gat-in-die-muur (Wendy Maartens).; Roep van die waterslang (Thomas Deacon). Verneukkind en ander verhale bied omvattende studiemateriaal oor die ingeslote verhale, spesifiek vir leerders van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal, maar ook vir enige belangstellende leser en student van kortkuns. Hierdie e-boek is ’n digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is. Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in: Die vermoe om op ’n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk.; Soos leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word ’n optimale lees- en leerervaring verseker; en Leerders kan aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.

Pearson Verneukkind en Ander Verhale

Just added to your wishlist:
My Wishlist
You've just added this product to the cart:
Go to cart page
x